Permanente Gewasse Bestuurpos (Rosyne en Pekanneute)

Friday, 17 July, 2020
Anri Botha    
Orange River  

ORV is op soek na ‘n jong dinamiese, energieke individu om permanente gewasse te bestuur. 

 

Die aangewese persoon sal die volgende verantwoordelikhede hê:

- Bestuur van produksie aspekte (snoei, besproeiing, bemesting, oes, ensovoorts)

- Bestuur en koördinering van mense

 

Vereistes:

  • Ondervinding in wingerd of pekanneute
  • Toepaslike naskoolse kwalifikasie
  • minimum 4-jaar ondervinding in soortgelyke posisie
  • vermoë om onder druk te kan werk
  • sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede
  • goeie menseverhoudinge
  • syfer- en rekenaarvaardig
  • moet onafhanklik kan werk
  • 'n natuurlike praktiese aanleg sal in die persoon se guns tel
  • innoverende denkwyse
  • 'n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes en verpligtinge word aangebied.
  • Rig u CV teen  24 Julie 2020 aan Anri Botha by anri@orv.co.za

 

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.