Kantoor Bestuurder

Wednesday, 22 July, 2020
anonymous    
Worcester  

Tans is daar ‘n vakature vir ‘n Kantoorbestuurder wat die administratiewe, finansiële en menslike hulpbron funksie van die Plaas kan bestuur en hanteer.

Hierdie is ‘n voldag pos vir ‘n dinamiese persoon wat hou van uitdagings en onafhanklik kan funksioneer.

Die persoon sal o.a. stelsels en sisteme moet onderhou en ontwikkel. Hy/sy sal verantwoordelik wees vir lone en die rekonsiliasie daarvan, betalings en aankope.

Die ideale kandidaat moet beskik oor die volgende:

  • Goeie menseverhoudinge
  • Minstens drie jaar vorige ondervinding van plaaskantoor administrasie
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal in u guns tel
  • Ondervinding van oudits o.a Global Gap, Siza en Wieta
  • Goeie rekenaarvaardigheid in Word, Excel, Pastel, Donkerhoek en Sage
  • Eie vervoer

Indien u deel wil wees van ‘n wenspan, stuur u cv aan alna@bvpd.co.za voor 28 Julie 2020.

Diensaanvaarding:  So spoedig as moontlik.