Jong wynmaker opsoek na n nuwe geleentheid/uitdaging

Tuesday, 8 September, 2020
anonymous    
Stellenbosch  

Jong wynmaker is opsoek na nuwe uitdaging/geleentheid. Het Elsenburg graad in Wingerd en Wynkunde. Het al paar parse by verskeie kelders al gedoen. Is praktiese persoon en baie handig as dit kom by meganika en dinge herstel ook.  Het ook vir 5 jaar n bekende groot kelder in Stellenbosch omgewing bestuur waarvan wynvoorbereiding, versnyding, wyn bottelgereed kry, maak van cider ens maar net paar van my verantwoordelikhede was.

Is ook vertroud met bulkwyn houers laai en uitvoere. Ken programme soos Easywine en WineMs. Indien enige verdere navrae voel vry om my gerus te kontak. Sal ook by verdere navrae my jongste CV vir u aanstuur. Hoop vir spoedige terugvoer.