Hoofbestuurder / Keldermeester

Thursday, 15 October, 2020
Bowen Botha     023 626 8800
Robertson  

 Robertson Koöperatiewe Wynmakery Beperk het tans ‘n opwindende en uitdagende geleentheid vir ‘n dinamiese en ervare HOOFBESTUURDER / KELDERMEESTER om by ons bestuurspan aan te sluit. Die HOOFBESTUURDER / KELDERMEESTER moet kan bydra tot die hele span se sukses en ook individueel kan presteer. 

Die ideale HOOFBESTUURDER / KELDERMEESTER, met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie, is ‘n gemotiveerde innoverende denker wat beskik oor goeie mense verhoudinge, wat onder druk en onafhanklik kan werk en wie eie inisiatief kan gebruik.  Die geskikte kandidaat is ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapvaardighede.  ‘n Sterk aanbeveling sal wees dat hy / sy ‘n intensiewe kennis van wynmaak en die wynindustrie het, bewese algemene bestuursvaardighede, asook 8-10 jaar toepaslike ondervinding.

Die aansoeker sal rapporteer aan die Raad van Direkteure en is verantwoordelik vir die totale bestuur van die Koöperasie, wat insluit, maar nie beperk is tot:        

*          Oorsig van alle wynmaakprosesse

*          Strategiese beplanning & risiko bestuur

*          Finansiële volhoubaarheid van Koöperasie en produsente

*          Bestuur van belangegroepe

*          Skakeling met bedryfsorganisasies

*          Enige ander take wat met die pos geassosieer word

Diensaanvaarding: 1 Junie 2021

Aansoeke, met ‘n dekbrief, asook verwagte salaris en CV’s  moet SKRIFTELIK gerig word aan:

Die Hoofbestuurder

Posbus 37

ROBERTSON, 6705

Faks: (023) 626 2926 of e-pos aan bowen@robertsonwine.co.za

Robertson Koöperatiewe Wynmakery Beperk bied ‘n markverwante vergoedingspakket onderhandelbaar volgens ondervinding en kwalifikasies.

Sluitingsdatum:  16 November 2020.  (Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.)