Bestuurder / Wynmaker

Friday, 16 October, 2020
Gerrit Wagenaar     0218645304
West Coast  

Hierdie pos bied 'n uitmuntende geleentheid vir 'n bestuurder / wynmaker wie passievol is oor die wyn- en gasvryheidsbedryf en wat gereed is om die bestuursleisels en wynmakery van die unieke boetiekwyn kelder Fryers Cove oor te neem en te laat floreer. Die pos bied dan die geleentheid om as leier van 'n relatiewe klein span sy / haar stempel af te druk en die onderneming na groter hoogtes te neem. Hiervoor sal grondige akademiese kennis en toepaslike wynmaak-ervaring van uiterste belang wees. Bo en behalwe die betrokkenheid by 'n kleiner restaurant en proelokaal, sal die bekleer  ook binne sy/haar  diensportefeulje 'n sterk betrokkenheid by die wynmaak proses geniet. Skakeling met druifverskaffers sal deel van die posinhoud wees.

As jy entoesiasties is oor die wyn- en gasvryheidsbedrywe stuur gerus jou CV aan Gerrit Wagenaar by gw@wc-hr.co.za