Wynmaker pos beskikbaar

Thursday, 11 February, 2021
anonymous    
Durbanville  

Boutique Wynkelder en Brouery gebaseer in Durbanville, is opsoek na ‘n energieke, gekwalifiseerde wynmaker met tenminste 7 jaar se ondervinding in die wyn industrie.

Die kandidaat moet uitstekende organiserings vermoë hê en moet hulself kan dryf.

Die pos sal nie net wynmaak behels nie, maar ook onder andere die volgende:

  • Voorraad – volle beheer van alle voorraad (wyn en bier) - nat voorraad tot bottelering daarvan en organisering van alle logistiek rondom aflewering na kliënte.
  • Produksie – verseker dat die produksie binne sperdatums geskied en die handhaaf van kwaliteit soos die maatskappy se behoefte is.
  • Admin - handhaaf alle administrasie van Kelder en brouery – voorraad opnames, bestellings plaas soos nodig, sawis, wine online ens.
  • Kommunikasie en bestuur – die bestuur van Kelder personeel en kommunikasie na die ander departemente van die besigheid is baie belangrik.

Ons is ‘n klein span en soek ‘n spanspeler wat sy/haar deel van die gewig onafhanklik sal kan dra.

Stuur gerus jou CV, met verwysings na info@signalgun.com