Groep Finansiele Bestuurder - Vrugte Industrie - Stellenbosch

Saturday, 17 April, 2021
Lee-Zanne Flaatten     0824188747
Stellenbosch  

‘n Landbou-onderneming in die Wes-Kaap, wat spesialiseer in die verbouing van vrugtebome, die ontwikkeling van nuwe vrugtekultivars en die bemarking van vrugte, het bogenoemde posisie beskikbaar.

Daar word van die posbekleër verwag om ‘n bydrae te lewer op uitvoerende bestuursvlak. Benewens volle verantwoordelikheid vir die totale bestuur van die finansiële departement, rapporteer die finansiële departement se personeellede direk aan hierdie pos.

Die take behels onder andere die volgende:

  • Voorbereiding van bestuurstate en verslae
  • Begrotings vir die Groep
  • Oudits
  • Kontantvloeibestuur
  • Kostebestuur
  • Projeksies
  • Finansiering
  • Nakoming van statutêre vereistes

Die ideale kandidaat is in besit van ‘n finansiële graad met voltooide SAICA-klerkskap gerugsteun deur ten minste vyf jaar (na klerkskap) toepaslike finansiële ondervinding. Ondervinding in die lanbou- en uitvoersektor sal in die kandidaat se guns tel.

Daar word verwag van die kandidaat om sterk Excel-vaardighede te hê asook werksondervinding met Sage Evolution en Pastel Partner. Die kandidaat moet ‘n goeie begrip van en werksondervinding hê met die volgende:

  • Boekhouding van transaksies in buitelandse valuta
  • Verwerking en magtiging van betalings en ontvangste in buitelandse valuta
  • Basiese verskepings- en Inco-terme.

‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ondervinding.

Stuur CV in WORD formaat: inadmin@mweb.co.za