Plaasbestuurder

Saturday, 1 May, 2021
Alna van Antwerpen     0829212756
Robertson  

PLAASBESTUURDER

ROBERTSON

My kliënt met gevestigde boerdery vertakkings nl. wyndruiwe, sitrus en steenvrugte (perskes en uitvoer pruime) beskik oor ʼn geleentheid vir  ʼn hardwerkende en self gemotiveerde plaasbestuurder met uitstekende bestuursvermoëns.

Die persoon sal verantwoordelik wees vir verskeie boerdery aktiwiteite en daar sal ook van hom verwag word om ʼn eenheid onafhanklik te bestuur.

VEREISTES VAN IDEALE KANDIDAAT

  • Minstens vyf jaar  praktiese ondervinding van wyndruiwe en/of steenvrugte.
  • Motivering, dissiplinering en bestuur van werknemers
  • Vertroud wees met arbeidswetgewing
  • Beskik oor basiese administratiewe en rekenaarvaardighede
  • Basiese meganiese kennis en ʼn PDP bestuurslisensie
  • 'n Toepaslike naskoolse landbou kwalifikasie sal u aansoek versterk

 

Hierdie is ʼn ideale geleentheid vir ʼn ambisieuse persoon wat saam met die eienaar die plaas verder sal  ontwikkel na ʼn volgende vlak van funksionering.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2021.

Rig u aansoeke voor: 12 Mei 2021 aan: alna@bvpd.co.za

(Indien u nie binne 14  dae na sluiting van aansoeke van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol)