Gesoek: Meganiese Ambagsman

Wednesday, 7 July, 2021
Alwyn Du Plessis     0236263661
Robertson  

VAKATURE: MEGANIESE AMBAGSMAN/ DIESEL MEGANIKUS

Springfield Estate, Robertson

Aansoeke vir bogenoemde vakante permanente pos word ingewag. Aansoek sluit op  15 Julie om 12:00. 

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ontwerp, bou en instandhouding van wingerdmasjinerie
  • ontwerp, bou en instandhouding van keldermasjinerie
  • ondervinding en goeie vakkennis van alle tipes sweiswerk
  • moet baie netjiese en presiese werk kan lewer en onafhanklik kan werk
  • oor eie vervoer en verblyf beskik
  • hardwerkend wees
  • ondervinding van draaibank en “Milling”-masjienwerk sal u aansoek versterk.

 

‘n Mededingende salaris word aangebied. Indien u teen 21 Julie geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Rig aansoeke – met verwysings – aan Alwyn du Plessis by boeredata@breede.co.za