Junior Voedsel Produksie Bestuurder

Friday, 16 July, 2021
Anneline Gericke     0218633852
Paarl  

Babylonstoren is opsoek na ‘n Voedsel Produksie Bestuurder om deel te raak van die vervaardiging/verwerking van sap, water, BitterLekker en olywe. Ons is opsoek na ‘n dinamiese persoon met ervaring in voedsel produksie.

Minimum vereistes:

  • Opleiding: BSc/BTech/Nasionale Diploma in Voedsel Wetenskap/Tegnologie of ander soortgelyke relevante kwalifikasie
  • 2 – 3 jaar ondervinding in produksie bestuur spesifiek in voedselverwerking
  • HACCP kennis sal voordelig wees
  • Uitstekende kommunikasie- en bestuursvaardighede
  • Sterk analitiese en tegniese vaardighede

Sleutelfunksies:

  • Beplan en organiseer produksie skedules
  • Bestuur produksie spanne
  • Produksie vooruitskattings
  • Monitor kwaliteit en uitset van produksie
  • Oorsien bestuur van rou materiale
  • Handhaaf en verseker voedselveiligheid
  • Verseker dat die maatskappy kultuur ten alle tye gehandhaaf word.