Pakhuis Bestuurder - Sitrus - Worcester

Wednesday, 8 September, 2021
Lee-Zanne Flaatten     0824188747
Worcester  

‘n Familie besigheid wat fokus op die verbouing, verpakking en uitvoer van tafeldruiwe en sitrus in die Hexrivier Vallei is opsoek na die dienste van ‘n Pakhuis Bestuurder vir Sitrus op ‘n plaas naby Worcester, Wes Kaap.

Vereistes:

▪ Energieke, hardwerkende, selfgedrewe individue met ‘n liefde vir vrugte verpakking, ondersteun deur ʼn suksesvolle rekord van minimum 3 jaar bestuursondervinding in alle aspekte van sitrus verpakking.

▪ Die vermoë om onder druk te kan funksioneer, asook ‘n stelsel gedrewe benadering tot verpakking.

▪ Goeie mense verhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede op alle vlakke.

▪ Deeglike kennis van sitrus en tafeldruiwe kwaliteit standaarde en spesifikasies.

▪ Bogemiddelde rekenaar & tegniese vaardigheid.

▪ ʼn Toepaslike kwalifikasie sal in u guns tel.

▪ Goeie kennis van MAF RODA pak stelsel asook DIPAR of soortgelyke pakhuis program sal in u guns tel.

▪ Bereid wees om abnormale ure te werk, gedurende oes tyd.

Pligte:

Optimale gradering, sortering en verpakking van vrugte vir die uitvoer markte. Beplanning, organisering van mannekrag, pakmateriaal, koelkamers en prosesse met die beskikbare hulpbronne.

Deurlopende handhawing van toepaslike kwaliteit en voedselveiligheid standaarde. Administrasie en rekord houding van produktiwiteit, uitpak verslae en voorraad. Bestuur van ontgroening en koue ketting.

Buite Seisoen betrokke by Tafeldruiwe verpakking prosesse, logistiek, data analisering en verwerking.

Sluitingsdatum: 30 September

Email CV in WORD formaat: inadmin@mweb.co.za