Kwekery Verteenwoordiger- Plantmateriaal - Stellenbosch

Wednesday, 15 September, 2021
Lee-Zanne Flaatten     0824188747
Stellenbosch  

Hierdie gevestigde onderneming wat spesialiseer in die kweek, verspreiding en ontwikkeling van hoë kwaliteit vrugtebome, en plantmateriaal, beskik tans oor bogenoemde posisie.

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Landwye bemarking van nuwe en bestaande sitrus-, kern- en steenvrugtebome.
  • Bemarking van bestaande en nuwe kultivars van betrokke gewasse.
  • Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte

Vereistes vir die pos is as volg:

  • Sc of ‘n ander toepaslike landbougraad of diploma, of ‘n kwalifikasie in bemarking met ervaring in die hortologiese veld;
  • Ondervinding en landboutegniese kennis van produksie praktyke in die volgende gewasse: kernvrugte, sitrus, steenvrugte en wingerd;
  • Uitstekende kommunikasie- en syfervaardighede;
  • ‘n Passie vir mense en bemarking;
  • Bereidwilligheid om gereeld te reis;
  • Rekenaarvaardigheid in MS Office;
  • Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels.

‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. 

Begindatum: So gou as moontlik.

Sluitingsdatum: 30 September 2021

Stuur Cv in WORD formaat: inadmin@mweb.co.za