Wellington Wyne Parshulpe 2022

Monday, 8 November, 2021
Jenny     0218731582
Wellington  

Wellington Wyne, geleë in die pragtige dorp van Wellington, is opsoek na parshulpe vir die 2022 seisoen.

Kandidate moet beskikbaar wees vanaf middel Januarie 2022 tot April 2022.

Verskeie poste beskikbaar:

WYNMAKERS ASSISTENTE

  • Flotasie, skeiers, pers van druiwe, algemene byvoegings, monitering van fermentasie, verskeping van wyn, basiese ontledings, vate werk.

ALGEMENE KELDER-HULP

  • Masjien operateur, pomp van wyn, byvoegings, kelderhigiëne ens.

Die volgende sal in jou guns tel:

  • Eie vervoer
  • Belangstelling in wynmaak
  • Gewilligheid om oortyd en naweke te werk

Stuur CV aan: production@wellingtonwines.com