Laboratorium Parshulp

Friday, 14 January, 2022
Izanne Dippenaar     +27 21 349 1260
Breedekloof  

Deetlefs Wine Laboratory benodig die dienste van ’n laboratorium parshulp tydens die 2022 pars seisoen.

Vernaamste take en verantwoordelikhede:

  • Uitvoer van roetine wynanalises
  • Assisteer laboratorium personeel in algemene take

Vereistes:

  • Fisiese wetenskappe en wiskunde (matriek eindeksamen geslaag)
  • Vlot in Afrikaans (lees en skryf)
  • Akkuraat
  • Pligsgetrou
  • Hardwerkend
  • Betroubaar
  • Bereid om oortyd te werk soos nodig

Vorige ondervinding in ‘n soortgelyke posisie sal in die aansoeker se guns tel. In diens opleiding sal plaasvind soos nodig.

Eie vervoer is noodsaaklik.  Geen verblyf is beskikbaar nie.

Diensaanvaarding:  So gou as moontlik

Stuur asseblief u CV na lab@deetlefs.com indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en daarna uitsien om deel te word van ‘n dinamiese besigheid in die wynbedryf.  Alternatiewelik kan CV’s direk ingehandig word by Deetlefs Wine Estate ontvangs. 

Indien ons nie met u kontak maak binne twee weke na die sluitingsdatum nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.