Senior Produksie Bestuurder – Tafeldruiwe & Sitrus

    +27 21 863 0830
West Coast  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za

 

Ons kliënt spesialiseer in die produksie en uitvoer van tafeldruiwe en sitrus en het tans ‘n uitstekende geleentheid vir 'n hardwerkende en gemotiveerde individu om by hul maatskappy aan te sluit. Die spesifieke produksie eenheid is geleë in die Portervile area, 14km buite die dorp met 90 hektaar tafeldruiwe en 11 hektaar sitrus. Die Produksie Bestuurder sal rapporteer aan die Algemene Bestuurder.

 Vereistes:

               

  • Graad 12 met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou
  • Ten minste 10 jaar ervaring in die verbouing van tafeldruiwe
  • Sitrus boerdery ondervinding sal in jou guns tel.
  • Bo-gemiddelde rekenaar vaardighede, MS Office

 Pligte: 

  • Beheer van peste en plae wat die skedulering van chemiese spuite en behandelings behels
  • Bestuur van bemesting volgens die behoefte van elke kultivar
  • Bestuur van besproeing volgens die behoefte van elke kultivar
  • Algemene Personeel bestuur van plaas arbeid en junior bestuurders
  • Akkurate administratiewe bestuur met die fokus op rekordhouding
  • Opstel van maandelikse, weeklikse en daaglikse operasionele beplanning

  

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

 Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za