Wynmaker

    +21218630830
Swartland  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za

 Ons kliënt, geleë in die Swartland beskik tans oor ’n uitdagende loopbaangeleentheid vir ‘n ervare Wynmaker om by hul span aan te sluit. 

Die ideale persoon sal beskik oor:

  • Formele kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde
  • Bogemiddelde kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
  • Sterk bestuursvaardighede
  • Rekenaar- en administratiewe vaardighede 

Die persoon sal verantwoordelikheid neem vir: 

  • Voorbereiding van wyn vir Bottelering
  • Die versnyding en Stabilisering van wyn
  • Wyn Inname
  • Sertifisering en Voorleggings
  • Skakeling met wynaankopers
  • Uitbouing van verhoudings met sakevennote

 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za