Kelder Administrateur/ Proelokaal Beampte

   
Overberg  

Villion Family Wines geleë in die skilderagtige Botrivier wynstreek beskik tans oor bogenoemde betrekking. Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos.  Kennis van kwaliteitskontrolestelsels in die wynbedryf, sertifisering van wyn, kelder administrasie, IPW, vooraadbestuur en alle ander administratiewe take sal in die aansoeker se guns tel.

Die werknemer sal ook op ’n adhoc basis blootgestel word aan die bemarking van wyn by die kelder se proelokaal asook as in die plaaslike omgewing.

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 9 Julie 2018.  Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.

Diensaanvaarding:  So spoedig moontlik

NS:  Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.