Finansiële Bestuurder

    +27218630830
West Coast  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za 

Ons kliënt is ‘n aankoper, uitvoerder en verkoper van Rooibos tee.  Hulle is op soek na ‘n dinamiese Finansiële Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale finansiële bestuursfunksie van die onderneming asook `n paar bykomende funksies. Hierdie pos is by hul hoofkantoor in Eendekuil, sowat 150km van die Kaap geleë. 

Die posisie sal aan die HUB en direkteure rapporteer en ‘n wye reeks multi-take uitvoer, insluitend: 

  • Finansiële rekeninge, begrotings, voorbereiding vir oudit
  • Bestuur van debiteure, krediteure
  • Finansiële verslagdoening
  • Finansiële beplanning
  • Alle belastingaspekte (BTW,EMP,Voorlopige belasting)
  • Bestuurstate
  • Kontantvloei en vooruitskattings
  • Voorraad bestuur en innames
  • Betaalstaat, versekering nakoming
  • Regs- en fidusiêre voldoening
  • Lone en salarisse op Labournet program
  • Toets van interne beheerstelsels
  • HACCP stelsel bestuur
  • Kontrakte met boere
  • Uitvoer logistiek bestuur 

Vereistes: 

  • Comm of soortgelyke kwalifikasie
  • Sterk syfervaardigheid en akkuraatheid
  • ‘n Goeie begrip van strategiese sakebeginsels
  • Deeglikheid en sterk georganiseerd
  • Onafhanklikheid en die vermoë om inisiatief te toon
  • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede
  • Sterk leierskaps- en motiverings vaardighede
  • Sterk rekenaarvaardig, Veral goed met Excel  

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat: 

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za