Plaas Bestuurder

   
Robertson  

MONTAGU

My kliënt met gevestigde boerderyvertakkings (wyndruiwe, steenvrugte en groente) verlang die dienste van 'n hardwerkende en lojale plaasbestuurder met besondere kommunikasie en bestuursvermoëns.

Hierdie pos is ideaal vir ‘n entoesiastiese persoon wat die landbou as ‘n passie beskou en goed kan funksioneer in ‘n span en op sy eie.

VEREISTES:

  • Die geskikte kandidaat moet beskik oor minstens vyf jaar praktiese ondervinding in die landbou
  • Ervaring van wyndruiwe, steenvrugte en groente verbouing sal u aansoek versterk
  • Moet span werknemers kan bestuur, motiveer en dissiplineer
  • Kennis en toepassing van arbeidswetgewing
  • Kennis van besproeiingstelsels en die vermoë om dit te bestuur
  • Ervaring van Wieta, Global Gap en IPW sal in u guns tel
  • Moet beskik oor administratiewe en basiese rekenaar vaardighede
  • Meganiese ondervinding
  • Kode 10 bestuurslisensie

Diensaanvaarding: Soos ooreengekom

Rig u aansoeke voor: 24 Julie 2018 aan: barvallei@vodamail.co.za    

(Indien u nie binne 14  dae na sluiting van aansoeke van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol.)