Tegniese Bemarker: Plantmateriaal

    +27218630830
Stellenbosch  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za

 Ons kliënt is ‘n gevestigde onderneming wat spesialiseer in die ontwikkeling en verspreiding van vrugtebome en plantmateriaal. Hulle beskik tans oor ‘n geleentheid vir ‘n Tegniese Bemarker: Plantmateriaal. Die pos in Stellenbosch gebaseer.

 Vereistes:

  • Agric of ‘n toepaslike landbou diploma met ervaring in hortologie
  • ‘n Minimum van 3-5 jaar ondervinding en landboutegniese kennis van produksie praktyke
  • Uitstekende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede
  • ‘n Passie vir mense en bemarking
  • Rekenaarvaardigheid in MS Office
  • Goeie vaardigheid in Afrikaans en Engels

 Pligte:

  • Verantwoordelik vir besigheidsontwikkeling, lewering en bemarking van nuwe en bestaande sitrus-, wingerd- en steenvrugkultivars
  • Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan kliënte in die Wes-Kaap

   Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat: 

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e- posbesonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salarisverwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za