Assistent Wynmaker

   
Worcester  

ASSISTENT-WYNMAKER 

uniWines Vineyards, geleë in die skilderagtige Breedekloof Wynvallei in en om die dorpie Rawsonville, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding, internasionaal of plaaslik, sal sterk in jou guns tel. 

Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die köordinering van parsaktiwiteite *nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne  * die wynmaakproses saam met wynmaker *  beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies.  

In ruil vir jou bydrae bied uniWines Vineyards ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. 

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op Vrydag, 7 September 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital op tel. 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. 

In u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol.