Junior Wynmaker | Van Loveren Wynkelder

    0236151505
Robertson  

Ons is op soek na ’n gedrewe, hardwerkende en vriendelike individu vir die pos as Junior Wynmaker vir Van Loveren Wynkelder.

 


Die rol sluit in die volgende take en die suksesvolle kandidaat sal rapporteer aan die Senior Wynmaker.

  • Koördinering van die pars aktiwiteite
  • Verantwoordelik vir die wynmaakproses
  • Versnyding en stabilisering van wyn
  • Skakeling met wynaankopers
  • Voorraad beheer en produksie administrasie
  • Wingerdbou praktyke
  • Verantwoordelik vir die ISO kwaliteitskontrole stelsel
  • Toesig oor kelder personeel
  • Aanbied van wynproeë
  • Enige ander take wat met die pos geassosieer word 

Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • Kwalifikasie in BSC Agric in Wingerdbou en Wynkunde of BAgric
  • Minimum van 2 – 4 jaar ondervinding in die totale wynmaak proses
  • Kennis van IPW, HACCP en FSSC sal in aansoeker se guns tel
  • Kennis van WineMS sal in aansoeker se guns tel
  • Goeie kennis van wyn variëteite
  • Goeie mense verhoudinge, goeie kommunikeerder & spanspeler 

Indien jy kans sien vir ‘n goeie loopbaan geleentheid en om deel te wees van ‘n dinamiese span, stuur jou CV so gou as moontlik aan Anchané Koekemoer by hr@vanloveren.co.za.

Die sperdatum vir aansoeke is Woensdag, 24 Oktober 2018.

Indien geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was