Produksiebestuurder - 0

    0218630966
Paarl  

 Lutzville Wingerde, geleë in die Olifantsriviervallei, beskik tans oor die volgende dinamiese loopbaangeleentheid:

 PRODUKSIEBESTUURDER

 Die posbekleër sal oorhoofs verantwoordelik wees vir die verwerking van druiwe en produksie van hoë gehalte wyne. 
Kritiese prestasie areas sluit o.a. die volgende in: 

- lewer strategiese insette op senior bestuursvlak 
- beplanning en toesig oor alle produksieprosesse 
- voorraad- en risikobestuur 
- instandhouding en installasies 
- skake­ling met sleutelkliënte
- personeelbestuur 
- verslagdoening en lede­skakeling 
- wynadministrasie.

Die ideale kandidaat beskik oor: 
- ʼn formele kwalifikasie (graad / diploma) en spesialis kennis van wingerd- en wynbou 
- ʼn toepaslike, aanvullende kwalifikasie in ʼn bestuursdissipline sal as aanbeveling dien 
- minstens 10 jaar praktiese ervaring in ʼn grootmaatkelder 
- kennis van kwaliteitsbestuur praktyke 
- meganiese kennis 
- uitstekende probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede
- goeie rekenaar­vaardighede (ervaring van WineMS / EZYWine dien as aanbeveling) 
- goeie interpersoonlike vaardighede 
- akkurate rekordhouding en administrasie. 

Rig aansoeke so spoedig moontlik aan Joep Joubert by info@hrsa.co.za