Wynproe-ambassadeur

    0218768026
Franschhoek  

‘n Toegewyde persoon met ‘n positiewe lewensbenadering en spontane persoonlikheid, met grondige kennis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, word verlang vir inskakeling by die Verkoop- en Bemarkingspan van Leopard’s Leap Wines

 Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees

  • die vriendelike ontvangs van besoekers in die Leopard’s Leap Proelokaal
  • die aanbied van wynproeë
  • die hantering van wynverkope
  • die verskaf van inligting aan besoekers oor Leopard’s Leap en sy produkte, die Franschhoek-omgewing, die wynbedryf in die algemeen, asook oor Suid-Afrika
  • hulpverlening met bemarkingsaktiwiteite en verwante administratiewe take

 Die volgende kriteria is van toepassing

  • die vermoë om gaste se besoek aan Leopard’s Leap spesiaal te maak
  • uitmuntende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels – skryf en praat – (‘n derde taal sal as ‘n aanbeveling dien)
  • professionele voorkoms en optrede
  • grondige kennis van wyn (ondervinding in ‘n soortgelyke posisie sal gunstig oorweeg word)
  • algemene kennis ten opsigte van Franschhoek, Suid-Afrika en die wyn- en toerismebedryf
  • rekenaarvaardigheid
  • bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk

‘n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Rig asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos ao.hr@historicwines.co.za voor 09:00 Vrydag 2 November 2018 te bereik.  

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.