Junior Plaasbestuurder - Onderhandelbaar

   
Robertson  

JUNIOR PLAASBESTUURDER

BONNIEVALE

Ons kliënt, 15 km buite Bonnievale  met  gevestigde wyndruiwe-, steenvrugte en sitrus boerdery,  benodig die dienste van ‘n jong, eerlike, toegewyde en hardwerkende persoon.

Dit is ʼn langtermyn geleentheid vir  ʼn persoon wat leergierig is en  ʼn passie het vir die landbou.

DIE GESKIKTE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:

                

  • Goeie kommunikasie vaardighede
  • Toepaslike naskoolse kwalifikasie in die landbou sal u aansoek versterk.
  • Toesighouding (werknemers kan motiveer en dissiplineer)
  • Rekordhouding kan handhaaf
  • Rekenaarvaardig (MS Office)
  • Basiese meganiese kennis
  • Kode 10 lisensie

 

Indien u belangstel en aan die vereistes hierbo voldoen, stuur dan u CV aan:  alna@bvpd.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 November 2018.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.