Plaasbestuurder - Onderhandelbaar

   
Robertson  

PLAASBESTUURDER

ROBERTSON AREA

 

Ons kliënt, met gevestigde wyndruif boerdery benodig die dienste van ʼn dinamiese en passievolle kandidaat wat saam met die plaas kan groei en dit in ʼn hoogs suksesvolle produksie-eenheid kan vestig. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir verwante produksie-aktiwiteite, soos die instandhouding van goedgevestigde wingerde en vrugtebome, oes, snoei en effektiewe bestuur van die arbeidsmag.

 

DIE REGTE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE  VEREISTES VOLDOEN:

  • ʼn Minimum van 5 jaar ervaring in die landboubedryf.
  • Goeie kennis van wyndruiwe, besproeiing en kunsmis.
  • Produktiwiteit kan inspireer deur goeie leierskap, opleiding en goeie menseverhoudinge.
  • ʼn Goeie aanvoeling vir instandhouding en onderhoud van toerusting en geboue.
  • Meganiese vaardighede
  • Kode 10 lisensie

Hierdie pos is ʼn unieke langtermyn geleentheid vir iemand wat sy passie en ervaring aan te wend om sy eie doelwitte en menslike vervulling te bereik.

Woonhuis en werksvoertuig beskikbaar.

Aansoeke met ʼn volledige CV moet gerig word aan: barvallei@vodamail.co.za Sluitingdatum vir aansoeke is
13 November 2018.