Kantoorbestuurder/Persoonlike Assistent - 7646

    0218630830
Swartland  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za

 Ons kliënt, ‘n gevestigde wynprodusent geleë in die Aprilskloofvallei in die Swartland (naby Malmesbury), is tans op soek na ‘n ervare en toegewyde persoon om as hul Kantoorbestuurder/Persoonlike Assistent aan te stel. Hierdie is ‘n half-dag pos. 

Verantwoordelikhede: 

  • Hantering van skakelbord
  • Byhou van kelder-/ personeeldagboek
  • Ontvangs van algemene eposse en sifting daarvan.
  • Notules
  • Liassering van boekhoudingsdokumentasie en administratiewe hulp met oudits en verskepings.
  • Reël van funksies soos vrystellingsproeë.
  • Reël ekstra dagwerkers se vervoer en lone
  • Help met logistieke reëlings van wyn-aflewerings/ afleweringsbewyse
  • Administrasie van vervoermiddels en masjinerie (dienste, brandstofaankope)
  • Administrasie in verband met werkersverblyf wanneer nodig
  • Maandelikse verslaggewing van verkope soos benodig
  • Reël instandhouding en skoonmaak van kantoorruimtes
  • Organiseer/doen aankope van kantoorvoorraad en hou kantoor-inventaris op datum
  • Reël onderhoud van internet, kantoormasjiene en –hulpmiddels  

Minimum Vereistes: 

  • Graad 12 met ‘n administratiewe kwalifikasie
  • Ten minste 5 jaar relevante ondervinding
  • Uitstekende kommunikasie vaardighede, geskrewe en verbaal
  • Goeie telefoonpersoonlikheid
  • Goeie leierskap vaardighede en innoverende denke
  • Uitstekende administratiewe vaardighede
  • Goeie agtergrond van finansiële transaksies
  • Akkuraatheid en detail ingesteldheid van uiterste belang
  • Goeie tydsbestuur
  • Sterk rekenaar vaardig
  • Onafhanklike funksionering 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za