Produksiebestuurder

   
Stellenbosch  

Origin Wine (Pty) Ltd, geleë in die pragtige Stellenbosch Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde geleentheid vir ’n persoon met bestuursvernuf wat goeie menseverhoudinge handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is, georganiseerd is en uitstekend onder druk kan presteer.  ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en 8 tot 10 jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking sowel as ‘n grondige kennis van bottelerings-/wynmaakprosesse is vereistes vir hierdie pos.

 

Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees: * bestuur van koste effektiewe produksieprosesse binne bepaalde tydlyne * opstel en aanpassings van die produksie- en tydskedules * handhawing van optimale voorraadvlakke * toesien dat produkte van hoë gehalte en kwaliteit vervaardig word * implementering van kwaliteitstelses * toepassing van Gesondheids en Veiligheidsriglyne volgens wetgewing * opstel en bestuur van produksiebegrotings * koordineer instandhouding van alle masjinerie en toerusting * skakel met ander departemente om produksie doelwitte te bereik * bestuur en motivering van personeel * identifisering van opleidingsbehoeftes en prestasie evaluasies van ondergeskiktes * alle ander ad hoc take verwant aan die pos.

Origin Wine (Pty) Ltd bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan.

 

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 5 Desember 2018  Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444

 

Diensaanvaarding:  So spoedig moontlik of na pars 2019.

 

NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.