Spesialis Bestuurder: Besproeiing

    0218630830
West Coast  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za

 Ons kliënt is ’n produsent-verpakker-uitvoerder van sitrus en rooibostee geleë in die Citrusdal-omgewing. Hulle is tans op soek na ‘n geskikte persoon om die rol van Spesialis Bestuurder: Besproeiing te vul wat aan die Direkteur Produksie en Ontwikkeling sal rapporteer.

 
Verantwoordelikhede: 

Hierdie senior bestuurspos vervul die rol as toonaangewende leier van onderstaande dissiplines t.o.v. strategie, aksieplan, prosedure, protokol en kostebestuur oor al die produksie-eenhede.

  • Besproeiingsinfrastruktuur
  • Sproeibemesting (Fertigation)
  • Geoutomatiseerde Besproeiingstegnologie (harde en sagteware)
  • Data Intelligensie rakende: Besproeiing, Grondvog, Fertigation ens
  • Energiebestuur
  • Elektriese Werke
  • Varieerbare spoedaandrywing vir pompe
  • Waterbestuur
  • Boorgate
  • Besproeiingsinstallasie

 Vereistes:

  • ‘n Toepaslike Tegniese graad of diploma
  • Selfgemotiveerd en selfstandig
  • Sterk interpersoonlike vaardighede
  • Besigheids-insig en oriëntering
  • Uitstekende kommunikasie vaardighede
  • Verkieslik minimum van 5 jaar relevante ondervinding
  • Gemaklik met gebruik van nuwe tegnologie

 

Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat: 

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

 

Sluitingsdatum:  11 December 2018

  

Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za