Plaasbestuurder (Wyndruiwe/Bloubessies)

   
Worcester  

Ons kliënt, geleë in die Rawsonville area beskik tans oor die volgende betrekking:

 

PLAASBESTUURDER

(Wyndruiwe/Bloubessies)

 

Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, gemotiveerd wees, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk en eie inisiatief kan gebruik.  ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en bewese ondervinding van wyndruiwe is vereistes vir die pos terwyl kennis van bloubessies in die aansoeker se guns sal tel.

 

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie en pligte behels o a grondvoorbereiding, besproeing, aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, druiwe en vrugte voorbereiding, koördinering en implimentering van basiese onderhoud, onkruidbeheer, produktiewe aanwending van personeel en konsultasies met spesialis konsultante, asook alle administratiewe take verwant aan die pos.

 

In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

 

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 5 Desember 2018.  Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444

 

Diensaanvaarding:  So spoedig moontlik

 

Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.