Laboratorium Analis

   
Olifants River  

Namaqua Wines, geleë in Vredendal, benodig tans die dienste van ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikase in natuurwetenskappe is ’n vereiste, en vorige ondervinding in ’n wynlaboratorium omgewing sal in die aansoeker se guns tel.

Die aansoeker se pligte behels onder andere roetine laboratorium ontledings en kwaliteitskontrole van die wynbereidingsproses.

In ruil vir jou bydrae bied Namaqua Wines 'n mededingende vergoedingspakket aan.

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 4 Desember 2018. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.

Diensaanvaardig:  So spoedig moontlik.