Rekenmeester

    0218722648
Wellington  

 

WELLINGTON BETREKKING

 

Lategan’s Sementwerke is ‘n gevestigde betonprodukvervaardiger in die Wes-Kaap, met ons hoofkantoor in Wellington en ’n vervaardigingsaanleg geleë in Malmesbury. Ons het die volgende loopbaangeleentheid in Wellington beskikbaar vir ‘n geskikte kandidaat.

 

REKENMEESTER:

Die ideale kandidaat is ’n ervare en energieke persoon met uitstekende rekenaarvaardighede, sterk vaardighede in finansiële administrasie, kantoororganisasie en goeie menseverhoudinge. ’n Prestasiegedrewe persoon wat hou van ekonomiese uitdagings, met ‘n kliëntediens ingesteldheid en onafhanklik, noukeurig en onder druk kan werk, is ononderhandelbaar.

 

Sleutel verantwoordelikhede en pligte behels o.a:

Koördineer en beheer finansiële rekeningkundige afdeling Ÿ Debiteure funksie Ÿ Vaslegging van data  Bankrekonsiliasie tot by proefbalans Ÿ BTW en ander statutêre vereistes Ÿ Prysverhogings en pryslyste Ÿ Ondersteun en rapporteer direk aan die direkteure Ÿ Alle funksies verwant aan die pos.

 

Minimum vereistes:

Minimum 5 jaar werksondervinding/klerkskap Ÿ BCom-graad of gelykstaande rekeningkundige kwalifikasie Ÿ Bogemiddelde rekenaarvaardighede in Pastel, Excel en MS Word Ÿ Goeie taal-vaardighede in Afrikaans en Engels.

 

Ondervinding van produsente-, vervaardigings-, bou- en verwante bedrywe, sal in jou guns tel.

 

Diensaanvaarding so spoedig as moontlik. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Persone wat belangstel, moet ‘n verkorte CV met kontakbare verwysings en salaris verwagtinge e-pos na ernestine@vinerecruitment.co.za vir aandag me Ernestine Julies.

 

Sluitingsdatum: Woensdag 9 Januarie 2019.

 

Persone wat kwalifiseer vir ‘n onderhoud sal in kennis gestel word.