Wellington Betrekkinge

    0218722648
Wellington  

Lategan’s Sementwerke is ‘n gevestigde betonprodukvervaardiger in die Wes-Kaap, met ons hoofkantoor in Wellington en ’n vervaardigingsaanleg geleë in Malmesbury. Ons het die volgende loopbaangeleenthede in Wellington beskikbaar vir geskikte kandidate.

 

  1. LONE / ADMIN KLERK:

Die ideale kandidaat is ’n syfervaardige persoon met bogemiddelde rekenaarvaardigheid, goeie menseverhoudinge en ’n belangstelling in menslike hulpbronne. ’n Verantwoordelike persoon wat spertye nakom en onafhanklik, akkuraat en onder druk kan werk, is ononderhandelbaar.

 

Verantwoordelikhede en pligte behels o.a:

Algemene loneberekening tot met betaling Ÿ Algemene lone administrasie en rekordhouding Ÿ

Voorsorgfonds administrasie Ÿ Laai en koördineer biometriese klokstelsel Ÿ Arbeidsaangeleenthede (WAV) Ÿ Statutêre en ander aftrekkings Ÿ Algemene finansiële- en administratiewe ondersteuning Ÿ Alle funksies verwant aan die pos.

 

Minimum vereistes:

Minimum 5 jaar toepaslike werksondervinding Ÿ Bogemiddelde rekenaarvaardigheid Ÿ Pastel Payroll of soortgelyke Ÿ Gr 12 met Wiskunde en/of Rekeningkunde Ÿ Goeie taalvaardighede in Afrikaans en Engels Ÿ ‘n Naskoolse kwalifikasie sal in jou guns tel.

 

  1. VERKOOPSPERSOON / TENDER KLERK:

Die ideale kandidaat is ’n energieke en syfervaardige persoon met goeie rekenaarvaardigheid, goeie menseverhoudinge en ’n passie vir verkope en produk kennis. ’n Teiken- en prestasiegedrewe persoon met aandag aan fyn besonderhede wat kliëntediens voorop stel en onafhanklik, akkuraat en onder druk kan werk, is ononderhandelbaar.

 

Verantwoordelikhede en pligte behels o.a:

Verkope van betonprodukte Ÿ Verkope administrasie Ÿ Tender assistent Ÿ Ontvangs Ÿ Alle funksies verwant aan die pos.

 

Minimum vereistes:

Minimum 3 jaar werksondervinding Ÿ Toepaslike rekenaarvaardigheid Ÿ Gr 12 met Wiskunde en/of Rekeningkunde Ÿ Goeie kommunikasievermoë en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels.

 

Ondervinding van produsente-, vervaardigings-, bou- en verwante bedrywe, sal in jou guns tel.

 

Diensaanvaarding so spoedig as moontlik. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Persone wat belangstel, moet ‘n verkorte CV met kontakbare verwysings en salaris verwagtinge e-pos na ernestine@vinerecruitment.co.za vir aandag me Ernestine Julies.

.

 

Sluitingsdatum: Woensdag 9 Januarie 2019.

 

Persone wat kwalifiseer vir ‘n onderhoud sal in kennis gestel word.