Kwaliteitbestuurder / Assistent vir wynmaker - Negotiable

    0824029462
Stellenbosch  

Kandidaat moet verkieslik wynkunde agtergrond hê en administratief & analisties sterk wees. Pligsgetrou, hardwerkend en betroubaar. Bestuurders lisensie verpligtend

 

Verpligtinge

 

  1. Primêr:

Verantwoordelik vir alle aspekte van die kwaliteitsbeheer van die werking van die kelder.

Ontledings asook labratorium verwante take

Verantwoordelik vir alle wyn akreditasies (IPW, Wieta, Buitelandse akkreditasies). Dit sluit in rekordhouding, koordinering asook byhou van alle toepaslike opleiding.

Rekordhouding van alle kelder- asook wyn aspekte.

Monsterneming asook Sawis kaarte

 

  1. Sekondêr:

Die keldermeester bystaan in die dag tot dag wynverwante aksies

Dit sluit in: wynbereiding, bottelering, etiketering ens.

Bywoon van sommige proeë/skoue 

 

Stuur asseblief `n kort CV na: doreen@lanzerac.co.za met `n salaris verwagting