Proelokaalbestuurder Benodig

Thursday, 17 January, 2019
Christine Bruwer     023 626 3596
Robertson  

RIETVALLEI WINE ESTATE, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor ‘n opwindende loopbaangeleentheid  vir ‘n persoon wat ingestel is op netheid, kliëntediens, vlot tweetalig is (‘n derde taal sal in u guns tel) en oor uitstekende kommunikasievaardighede.

Vereistes:

  • Toepaslike naskoolse kwalifikasie
  • Ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking in die wynbedryf
  • Deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede
  • Bestuurslisensie hê en oor ‘n eie voertuig beskik
  • Kwalifikasie van die Kaapse Wynakademie sal in u guns tel

Pligte:

  • Ontvangs van gaste in die proelokaal
  • Aanbieding van formele en informele wynproeë
  • Wynverkope
  • Bywoning van plaaslike wynskoue
  • Voorraadbeheer
  • Versending van wyn
  • Hulpverlening met ander bemarkings- en skakelaktiwiteite

 

 

Rig u aansoek, vergesel van ‘n gedetailleerde CV voor

31 Januarie 2019 aan: christine@rietvallei.co.za.

 

Diensaanvaarding:  So spoedig moontlik.

 (Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.)