Hoof: Gaste-ontvangs

   
Franschhoek  

‘n Toegewyde persoon met ‘n positiewe lewensbenadering en spontane persoonlikheid word verlang vir inskakeling by die Restaurantspan van Leopard’s Leap Wines.

 Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees:

  • die vriendelike ontvangs van gaste en die vermoë om hulle geesdriftig toe te lig oor wat hulle tydens hul besoek aan Leopard’s Leap gaan ervaar
  • die doeltreffende hantering van vrae en die verskaf van inligting oor die Franschhoekvallei, Leopard’s Leap se wyne, die rotisserie-etes, en ander handelsmerkverwante aktiwiteite
  • skakelbordvaardigheid
  • die hanteer van besprekings
  • hulpverlening met winkelverkope en bemarkingsverwante aktiwiteite
  • ad hoc- administratiewe take

 Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende voldoen:

  • ten minste twee jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
  • uitmuntende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels – skryf en praat – (‘n derde taal sal as ‘n aanbeveling dien)
  • professionele voorkoms en optrede
  • algemene kennis ten opsigte van Franschhoek, Suid-Afrika en die wyn- en toerismebedryf
  • rekenaarvaardigheid
  • bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk

‘n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Rig asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by ao.hr@historicwines.co.za voor 09:00 Donderdag 31 Januarie 2019 te bereik. 

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.