Handelsmerk/Proelokaalbestuurder

Saturday, 26 January, 2019
Ilze van Niekerk    
Breedekloof  

Merwida Wynkelder gelëe in die skilderagtige Breedekloof Wynvallei, beskik oor bogenoemde betrekking vir ‘n tweetalige persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is en ’n baie sterk aanvoeling vir bemarking het.  Slegs drie jaar ervaring van die bestuur van handelsmerke, ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos, terwyl ondervinding van die wynbedryf en die bestuur van ’n proelokaal in die aansoeker se guns sal tel.

 

Die suksesvolle kandidaat is verantwoordelik vir * deurlopende mark- en kliënteskakeling * bestuur en administrasie van die bestaande handelsmerke * ontwikkeling van nuwe kliënte deur middel van digitale bemarking op sosiale media platforms * dag tot dag bestuur van webtuiste * opstel van nuusbriewe en artikels vir persvrystellings * navorsing en analisering van mark tendense * bestuur van proelokaal * koördinering en reël van promosies en feeste *die rëel en loods van advertensie- en bemarkingsveldtogte * aanbied van wynproë * skakeling met alle teikengroepe asook alle administratiewe take verwant aan die pos.

 

In ruil bied Merwida Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.

 

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 6 Februarie 2019.   Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444

 

Diensaanvaarding:  So spoedig moontlik