Tegniese Bestuurder (Plantvoeding)

   
Paarl  

NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.

TEGNIESE BESTUURDER
(Plantvoeding)

NexusAG, met sy kantore geleë in Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ’n gedrewe en dinamiese persoon met ’n kombinasie van goed ontwikkelde interpersoonlike en kommunikasievaardighede, sowel as bewese tegniese kennis om by hul tegniese span aan te sluit. ’n Tersiêre kwalifikasie (BSc Grondkunde of Hortologie) en ± 3–5 jaar toepaslike ervaring in boerdery/konsultasie is verdere vereistes vir hierdie posisie. Kandidate met ’n goeie grondkundige en plantvoedingsagtergrond sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Tegniese Afdelingshoof rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: • Direkte en gereelde skakeling met alle rolspelers, insluitend kliënte, agente, verskaffers en bedryfsinstansies • verskaffing van tegniese advies en ondersteuning aan kliënte en agente • leiding ten opsigte van navorsing en
produkontwikkeling • tegniese opleiding • marknavorsing • strategiese ontwikkeling • alle administratiewe take wat met die pos verband hou.

Doen asseblief voor 09:00 op 12 Februarie 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.