Sertifiseringsbeampte

Wednesday, 27 March, 2019
anonymous    
Stellenbosch  

Kleine Zalze Wines (Pty) Ltd in Stellenbosch beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n persoon wat goeie ondervinding het in SAWIS administrasie asook aksyns belasting.  

 

Hierdie pos is verantwoordelik vir die volgende kerntake:

  • Hanteer alle SAWIS administrasie. Sluit in voorleggings na bottelering, aansoek vir seëls, pienk kaarte, SAWIS 6, BG 5 en BG 11 dokumentasie, ens.
  • Gereelde kontak met SAWIS inspekteurs.
  • Jaarlikse SAWIS voorraad opname.
  • Opstel van maandelikse SAWIS 5 en Aksynsbelasting opgawes.
  • Administrasie van droë voorraad.

 

Die vereistes vir die pos is:

  • Toepaslike ondervinding in bogenoemde kerntake.
  • Uitstekende interpersoonlike en kommunikasie vaardighede.
  • Moet administratief sterk wees en ‘n ordelike, akkurate en sistematiese werkswyse kan skep en handhaaf in ‘n besige en dinamiese omgewing.
  • Goeie selfdissipline en motivering.
  • Eie vervoer om op meer as een perseel te werk.
  • Kwalifikasies: Minimum Matriek.  ‘n Tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees.
  • Rekenaarvaardig

 

Rig asb. ‘n CV en dekbrief van nie langer as 3 bladsye voor 12 April 2019 aan wine@kleinezalze.co.za.

Indien u geen terugvoering ontvang het na 2 weke vanaf die sluitingsdatum nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.