Algemene Werker: Instandhouding

Wednesday, 10 April, 2019
anonymous    
Stellenbosch  

Kleine Zalze Wyne het ‘n vakature beskikbaar vir ‘n Algemene Werker: Instandhouding.  Die Algemene Werker: Instandhouding rapporteer direk aan die Instandhoudingsbestuurder. 

 

Posvereistes:

  • Minstens oor 3 jaar bedryfservaring in alle fasette van die instandhouding van die fasiliteite, toerusting, voertuie en geboue beskik.
  • Moet met die nodige toerustig, asook elektriese toerusting kan werk.
  • Die skoonmaak van die Werkswinkel en die omgewing.
  • Enige ander ad-hoc take wat mag voorkom.

 

‘n Markverwante vergoedingspakket na gelang van kwalifikasies en ondervinding word aangebied.  Rig asb. u CV en dekbrief voor 16 April 2019 aan wine@kleinezalze.co.za of faks dit na 021-880 0716.

 

Indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum in kennis gestel word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.