Plaasbestuurder- Wingerd - Onderhandelbaar

Friday, 12 April, 2019
anonymous    
Robertson  

ROBERTSON

My kliënt met gevestigde boerdery vertakkings, beskik oor ʼn opwindende geleentheid vir  ʼn hardwerkende, lojale en self gemotiveerde plaasbestuurder met besondere verbale en skriftelike kommunikasie- en bestuursvermoëns.

Hy sal verantwoordelik wees vir alle aspekte van produksie van wyndruiwe.  Dit sluit in besproeiing, plaag en onkruidbeheer, aanplantings en hantering van lone. Hy moet bereid wees om naweek diensbeurte te verrig.

Vereistes:

  • Die geskikte kandidaat moet beskik oor minstens tien jaar praktiese ondervinding van die produksie van wyndruiwe
  • 'n Toepaslike naskoolse landbou diploma sal u aansoek versterk
  • Moet werknemers kan bestuur, motiveer en dissiplineer
  • Kennis en toepassing van arbeidswetgewing
  • Moet beskik oor basiese administratiewe en rekenaarvaardighede
  • Kennis van Global Gap
  • Basiese meganiese kennis
  • Kode ECI bestuurslisensie
  • Ervaring van die hantering van ʼn oesmasjien (New Holland)

 

Diensaanvaarding: Soos ooreengekom (Nie later as 1 Junie 2019)

Rig u aansoeke voor: 24 April 2019 aan: alna@bvpd.co.za

(Indien u nie binne 14  dae na sluiting van aansoeke van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol)