Bestuur Van ‘N Gasteplaas- “Farm-Stay”

Tuesday, 20 August, 2019
anonymous    
Breedekloof  

Aan die voet van die Mosterdhoek Berge, in die skilderatige Breedevallei lê daar `n geleentheid vir `n innoverende en suksesvolle ervare persoon wat ‘n passie het vir die

 

BESTUUR VAN ‘N GASTEPLAAS- “FARM-STAY”

MINIMUM KWALIFIKASIES

  • Matriek
  • Minimum 3 jaar ervaring in die gastebedryf
  • Ondervinding in toerisme-bemarking
  • Rekenaar geletterdheid
  • Finansiële agtergrond
  • Goeie vaardigheid in die gebruik van Sociale Media- Instagram/Facebook/twitter

 

SLEUTEL EIENSKAPPE

  • Uitstekende beplannings- en organisasievaardighede
  • Sterk leierskapsvaardighede en die vermoë om met selfvertroue te werk
  • Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
  • Sterk probleemoplossingsvaardighede
  • Uitstekende tydsbestuurvaardighede
  • Bestuurslisensie
  • Effektiewe bestuur van personeel
  • Innoverende inisiatiewe om die plaas ‘n toerisme ontwikkeling te vestig

 

DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT IS VERANTWOORDELIK VIR DIE VOLGENDE SLEUTELPLIGTE

  • Ontwikkel en vestiging van verskillende toerisme aktiwiteite op die plaas nl.
    • Selfsorg eenhede
    • Kampeer terrein
    • Bergfiets roetes
    • Staproetes
    • Ontspannings aktiwiteite
  • Fasiliteer en monitor gaste-uitnodigings
  • Hantering van gaste-navrae
  • Akkommodasie besprekings
  • Opdatering van die databasis
  • Gereelde skakeling met gaste, kliënte en werknemers
  • Administratiewe pligte met betrekking tot die pos
  • Bemarking van vakansie plaas as uitstekende toerisme bestemming
  • Skakelling met toerisme organisasies

 

Indien jy `n buitengewone individu –met baie energie, vol lewenslus, ‘n baie hartlike en vriendelike persoonlikheid, ‘n netjiese voorkoms  en passie vir die gastebedryf het, wil ons graag van jou hoor.

 

Stuur jou CV/voorlegging so gou as moontlik aan mally@maraisvrugte.co.za  

Die sperdatum vir aansoeke is Vrydag 30 Augustus 2019