Administratiewe Beampte

Thursday, 16 September, 2021
anonymous    
Breedekloof  

Ons kliënt, ‘n bekende Wynkelder geleë in Worcester Area, bied ‘n opwindende geleentheid vir ‘n ywerige en veelsydige persoon.

Vorige ervaring van ‘n soortgelyke pos sal u aansoek versterk.

Die kern take van die pos is die volgende:

  • Hantering van alle take rondom lone.
  • Hantering van telefoon.
  • Hantering van kleinkas.
  • Kontant hantering (Proelokaal).
    • Daaglikse kontant hantering van proelokaal verkope.
    • Daaglikse kontrolering van kontant- en kredietkaarttransaksies.
    • Bank van kontant.
    • Nasien van kontant en opvolg van rekeninge tov proelokaal.
    • Uitreik van kwitansies.
  • Daaglikse voorraadkontrole.
  • Hantering van navrae van Verkoops-agente.
  • Reis- en verblyfreëlings vir personeel.
  • Aanlyn-verkope behartig.
  • Ad-hoc navrae en aangeleenthede.

Voorvereiste van die pos sluit in:

  • Matriek
  • Afrikaans en Engels magtig
  • Goeie organisasie vermoë
  • Uitstekende Kliënte diens
  • Algemeen rekenaargeletterdheid en grondige kennis van finansiële stelsels (Excel, Word)

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. 

Aansoeke met volledige CV en Id moet gerig word aan: magda@bvpd.co.za

Sluitingsdatum van aansoeke is 24 September 2021

(Indien u nie binne 14 dae terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was)