Junior Plaasbestuurder - Robertson - N/A

Saturday, 27 July, 2024
anonymous    
Robertson  

Ons kliënt is 15 km buite Robertson met boerdery vertakkings - wyndruiwe, tamaties en inmaakvrugte.

Hul benodig die dienste van ‘n jong, toegewyde en hardwerkende persoon wat die Landbou ʼn loopbaan wil maak.

DIE GESKIKTE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:

  • ʼn Naskoolse kwalifikasie in Landbou en/of drie jaar praktiese ondervinding
  • Bestuur van ʼn span werknemers
  • Moet werknemers kan motiveer, organiseer en dissipline kan toepas
  • Rekordhouding kan handhaaf
  • Kode 10 lisensie sal u aansoek versterk
  • Basiese meganiese kennis

Indien u op soek is na ʼn uitdaging en aan die vereistes hierbo voldoen, stuur u CV aan: alna@bvpd.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke:  5 Augustus 2024

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

(Indien u nie binne twee weke terugvoering ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol).