Ons kliënt is 15 km buite Robertson met boerdery vertakkings - wyndruiwe, tamaties en inmaakvrugte.
Hul benodig die dienste van ‘n jong, toegewyde en hardwerkende persoon wat die Landbou ʼn loopbaan wil maak.
DIE GESKIKTE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:
- ʼn Naskoolse kwalifikasie in Landbou en/of drie jaar praktiese ondervinding
- Bestuur van ʼn span werknemers
- Moet werknemers kan motiveer, organiseer en dissipline kan toepas
- Rekordhouding kan handhaaf
- Kode 10 lisensie sal u aansoek versterk
- Basiese meganiese kennis
Indien u op soek is na ʼn uitdaging en aan die vereistes hierbo voldoen, stuur u CV aan: alna@bvpd.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Augustus 2024
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
(Indien u nie binne twee weke terugvoering ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol).