Vititec Vineyard Technician - Greenhouses: Plant Propagation & Grafting

Tuesday, 16 September, 2025
Maretha Cillie     +27 21 2760431
Paarl  

Daar bestaan tans ‘n vakature vir hierdie pos by Vititec se Picardi plaas.  Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

 Produksiebestuur (plantmateriaal vermeerdering en enting)

  • Bestuur van werknemers
  • Gehaltebestuur
  • Fasiliteit onderhoud
  • Finansiële bestuur

 Die bevoegdhede/ vereistes benodig in die pos is:

 ‘n Diploma of B-Agric graad met wingerdkunde

  • Minimum 4 jaar toepaslike ervaring in enting van wingerdstokkies
  • Minimum 5 jaar Kweekhuis ervaring (plantvermeerdering)
  • Kennis van wingerdkwekery verbouing
  • Kommersiële ondervinding in wingerd produksie bestuur
  • Die vermoë om goeie kliënteverhoudinge te bou en te handhaaf
  • Handhawing van goeie arbeidsverhoudinge en dissipline
  • Gedemonstreerde vermoë om groot werkspanne (>50 mense) te bestuur
  • Rekenaarvaardigeheid (MS Office / Vititec Databasis)
  • ‘n Kode 14- (met PDP) en Vurkhyser lisensie sal in u guns tel
  • Gesertifiseerde plant inspekteur (PlantSA)
  • Basiese meganiese en/of infrastruktuur onderhoud kan uitvoer
  • Opstel en bestuur van afdelingsbegroting

Om aansoek te doen stuur asseblief u CV en dekbrief aan Maretha Cillié nie later as 19 September 2025

E-pos na cillie@vinpro.co.za

Indien ons u nie binne twee weke vanaf die sluitingsdatum kontak nie, aanvaar asseblief dat ander aansoeke meer geskik geag is.