Tuesday, 16 September, 2025
Maretha Cillie
+27 21 2760431
Paarl
Daar bestaan tans ‘n vakature vir hierdie pos by Vititec se Picardi plaas. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
Produksiebestuur (plantmateriaal vermeerdering en enting)
- Bestuur van werknemers
- Gehaltebestuur
- Fasiliteit onderhoud
- Finansiële bestuur
Die bevoegdhede/ vereistes benodig in die pos is:
‘n Diploma of B-Agric graad met wingerdkunde
- Minimum 4 jaar toepaslike ervaring in enting van wingerdstokkies
- Minimum 5 jaar Kweekhuis ervaring (plantvermeerdering)
- Kennis van wingerdkwekery verbouing
- Kommersiële ondervinding in wingerd produksie bestuur
- Die vermoë om goeie kliënteverhoudinge te bou en te handhaaf
- Handhawing van goeie arbeidsverhoudinge en dissipline
- Gedemonstreerde vermoë om groot werkspanne (>50 mense) te bestuur
- Rekenaarvaardigeheid (MS Office / Vititec Databasis)
- ‘n Kode 14- (met PDP) en Vurkhyser lisensie sal in u guns tel
- Gesertifiseerde plant inspekteur (PlantSA)
- Basiese meganiese en/of infrastruktuur onderhoud kan uitvoer
- Opstel en bestuur van afdelingsbegroting
Om aansoek te doen stuur asseblief u CV en dekbrief aan Maretha Cillié nie later as 19 September 2025
E-pos na cillie@vinpro.co.za
Indien ons u nie binne twee weke vanaf die sluitingsdatum kontak nie, aanvaar asseblief dat ander aansoeke meer geskik geag is.