Kelderwerker (Seisoenaal met moontlikheid van permanent)

Wednesday, 1 October, 2025
anonymous    
Stellenbosch  

’n Welbekende kelder in die Bottelary, Stellenbosch-omgewing, is op soek na ’n toegewyde kelderwerker om by ons span aan te sluit vir die komende parsseisoen.

Verantwoordelikhede sluit in:

  • Assistering tydens die ontvangs van druiwe en parsprosesse.

  • Skoonmaak van toerusting, tenke en werksareas.

  • Hantering van pomp en ander keldertoerusting.

  • Monitering en ondersteuning van fermentasieprosesse.

  • Algemene kelderpligte soos vereis tydens die produksieproses.

Vereistes:

  • Ondervinding in ’n wynkelder sal in jou guns tel.

  • Goeie fisiese gesondheid en ’n gesonde leefstyl.

  • Betroubaarheid, bereidheid om lang ure te werk, en ’n sterk werksetiek.

  • Spanwerk en goeie kommunikasievaardighede.

Na afloop van die seisoen bestaan die moontlikheid dat die suksesvolle kandidaat permanent aangestel kan word.

Aansoeke:

Stuur asseblief jou CV met verwysings na rfv.cellar@gmail.com