Wednesday, 1 October, 2025
anonymous
Stellenbosch
’n Welbekende kelder in die Bottelary, Stellenbosch-omgewing, is op soek na ’n toegewyde kelderwerker om by ons span aan te sluit vir die komende parsseisoen.
Verantwoordelikhede sluit in:
-
Assistering tydens die ontvangs van druiwe en parsprosesse.
-
Skoonmaak van toerusting, tenke en werksareas.
-
Hantering van pomp en ander keldertoerusting.
-
Monitering en ondersteuning van fermentasieprosesse.
-
Algemene kelderpligte soos vereis tydens die produksieproses.
Vereistes:
-
Ondervinding in ’n wynkelder sal in jou guns tel.
-
Goeie fisiese gesondheid en ’n gesonde leefstyl.
-
Betroubaarheid, bereidheid om lang ure te werk, en ’n sterk werksetiek.
-
Spanwerk en goeie kommunikasievaardighede.
Na afloop van die seisoen bestaan die moontlikheid dat die suksesvolle kandidaat permanent aangestel kan word.
Aansoeke:
Stuur asseblief jou CV met verwysings na rfv.cellar@gmail.com.