Ons kliënt, ’n gevestigde wyndruif- en inmaakvrugte-eenheid in die Robertson-omgewing, het ‘n opening vir ’n bekwame en gemotiveerde Junior Plaasbestuurder om by hulle span aan te sluit.
Verantwoordelikhede:
- Bestuur en koördinering van daaglikse produksie-aktiwiteite.
- Instandhouding van wingerde en boord (besproeiing, bemesting, snoei, oes).
- Toesig oor nuwe ontwikkelings op die plaas.
- Effektiewe bestuur en aanwending van arbeidspanne (±30–40 werknemers).
- Verseker van kwaliteit en produktiwiteit op die plaas.
Vereistes:
- 5–10 jaar algemene ondervinding op ’n wingerd- en/of vrugteplaas.
- Nagraadse opleiding in landbou sal ’n voordeel wees.
- Ondervinding as druif-oesmasjien operateur sal voordelig wees.
- Praktiese nutsman-vaardighede (bv. besproeiing, sweiswerk, algemene herstelwerk).
- Basiese rekenaarvaardighede (Excel).
- Geldige Kode C1 of EC1 lisensie met PDP.
- Goeie kommunikasie- en spanwerkvaardighede.
- Probleemoplossings- en analitiese vermoë.
- Hoë vlak van aandag aan detail.
- Aanpasbaarheid en goeie tydsbestuur.
Stuur asseblief alle aansoeke na maritsa@bvpd.co.za.